Annebel Ermelo vier 15 jaar se verskilmaak – en het jou hulp nodig

Written on 01/13/2026
Deo Botha


In 2026 vier Annebel Ermelo ’n besondere mylpaal: 15 jaar se omgee, ondersteuning en verskilmaak in ons gemeenskap.

 

Vir die nuwe jaar beplan Annebel om ongeveer 30 dogtertjies te help – en dit beteken hulle het 30 hulpmammas nodig om dit moontlik te maak.

 

 

Wat is ’n “hulpmamma”?

 

 

’n Hulpmamma word gekoppel aan ’n spesifieke dogtertjie. Elke maand help sy deur ’n pakkie met basiese badkamerbenodigdhede te borg, soos:

 

  • Tandepasta
  • Waslappies / doekies
  • Sanêre produkte
  • Roll-on
  • Sjampoe en seep

 

 

Annebel sien die dogters elke maand persoonlik en sorg dat elkeen kry wat sy nodig het.

 

Vir diegene wat nie pakkies wil saamstel nie, is daar ook die opsie om maandeliks R250 in Annebel se rekening in te betaal vir ’n dogtertjie se ondersteuning.

 

 

Hoe kan jy help?

 

 

As jy in 2026 ’n hulpmamma wil wees en ’n jong meisie se lewe wil help verander, kontak gerus:

 

Saretha: 082 302 5335

 

Saam kan ons help om hoop, waardigheid en selfvertroue aan hierdie jong dogters te gee.