Tien vasberade dames het die afgelope naweek kragte gemeet tydens die gesogte Dames Enkels Kampioenskappe by die Ermelo Rolbalklub. Oor twee dae is daar met intense fokus, fyn strategie en groot deursettingsvermoë meegeding om die titel in te palm.
Foto: Verskaf. (L–R) Delene Cloete, Gerda Swanepoel, Santie Barnard, Lindi Brill.
Die finale rondtes is Sondagmiddag beslis, met spel van besonder hoë gehalte wat die toeskouers op die punte van hul stoele gehou het. Die uitslae is as volg:
🥇 1ste plek: Lindi Brill
🥈 2de plek: Santie Barnard
🥉 3de plek: Gerda Swanepoel
🏅 4de plek: Delene Cloete
Foto: Verskaf. (L–R) Jeanette Pretorius, Jeanette Pretorius, Cheeky Grobler.
In die Dames ‘Novice’-afdeling het Cheeky Grobler as wenner uit die stryd getree, met Nadia Schneider in die tweede plek en Jeanette Pretorius derde. Baie geluk dames – julle gaan nog vêr gaan met jul rolbal-loopbane.
Die dames het hul opregte waardering uitgespreek teenoor die mansklublede wat as merkers opgetree het, asook die entoesiastiese ondersteuners wat langs die bane aangemoedig het.
Julle ondersteuning maak elke kompetisie besonders!


