Ligbron se graad 12s van 2024 het nie net vir die skool ‘n 100% slaagsyfer verseker nie, maar ook gesorg dat Ligbron die vierde beste matriekuitslae in Mpumalanga het!
Die skool het 161 matrikulante gehad. Die graadgemiddeld was 63.% met 46 matrikulante wat ‘n gemiddeld bo 70% behaal het en 123 wat kwalifiseer vir toelating tot graadstudies. Uit die 26 vakke wat die skool aanbied, het drie vakke ‘n graadgemiddeld bo 70%, en 15 vakke ‘n graadgemiddeld bo 60% behaal. In totaal het die skool 163 onderskeidings.
Die Liggies is veral trots op die volgende top presteerders:
Jasmyn Archer (sewe onderskeidings)
Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Wiskunde, Lewensoriëntering, Verbruikersstudie, Lewenswetenskappe en Fisiese Wetenskappe.
Ameen Tikly (seven distinctions)
English Home Language, Afrikaans Eerste Additionele Taal, Mathematics, Life Orientation, Accounting, Life Science, Physical Science.
Jina Afnaan (seven distinctions)
English Home Language, Afrikaans Eerste Additionele Taal, Mathematics, Life Orientation, Business Studies, Life Science, Physical Science.
Elandri Kleynhans (sewe onderskeidings)
Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Wiskunde, Lewensoriëntering, Geografie, Lewenswetenskap, Fisiese Wetenskap.
Amelia Brummer (ses onderskeidings)
English First Additional Language, Wiskunde, Lewensoriëntering, Geografie, Lewenswetenskap, Fisiese Wetenskap.
Simoné Cloete (ses onderskeidings)
Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Wiskunde, Lewensoriëntering, Geografie, Lewenswetenskap.
Madeleine Ferns (ses onderskeidings)
English First Additional Language, Wiskundige Geletterdheid, Lewensoriëntering, Verbruikersstudie, Geografie, Toerisme.
Shazia Vally (six distinctions)
Afrikaans Eerste Additionele Taal, Mathematics, Life Orientation, Accounting, Life Science, Physical Science.
Die skool spreek hul gelukwensing en dank uit teenoor elke matrikulant van 2024 en hul ouers. Ligbron is ook opreg dankbaar teenoor elke onderwyser wat tydens hierdie groep leerders se vyf jaar by die skool die ekstra myl vir hulle gestap het. Die matrikulante se sukses spreek van al hierdie onderwysers se toewyding.