Ligbron se O/15A rugbyspan is die afgelope naweek gekroon as die O/15 kampioene in die Noordvaal Skildafdeling. Dit was die hoogtepunt van ‘n baie suksesvolle seisoen vir hierdie span, wat al hul wedstryde gewen het en gelykop gespeel het teen Hoërskool Secunda.
Foto: (L-R) Nickey Jansen van Rensburg, Jano Swart, Holsen Mojalefa en Zack Bosman, die afrigters en spankapteine van die O/15A span.
Tydens Saterdag se eindstryd moes Secunda egter die knie voor Ligbron buig. Met ‘n halftyd telling van 8 – 12 in Secunda se guns het die Liggies in die tweede helfte alles ingesit om die wedstryd 20 - 15 in hul guns te beklink. Juan Lee Conradie het twee drieë gedruk en Kabelo Mashile het een drie gedruk. Motheo Mogajane se skopwerk het vir die res van die punte gesorg. Die span se oorwinning plaas Ligbron algeheel derde in die Noordvaal Skildafdeling.