
Riaan Benade ’n treffer by Barnyard
Ermelo, Conrad Bouwer
23 February
Die jong en opkomende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, Riaan Benade, het Vrydagaand 11 Februarie by Barnyard Venue die gehoor behoorlik vermaak.
Riaan het voor sy optrede met iNews gesels en gesê dit het alles begin toe hy as ’n liedjieskrywer vir die platemaatskappy, Coleske Artist Management, in 2018 begin skryf het. Sy droom was nooit om self ’n bekende sanger in Suid-Afrika te word nie, want sy eerste liefde was nog altyd om liedjies te skryf.