Twee Kimberley vrouens vereer
Kimberley, Michelle
19 October
Manda Hough, 'n bibliotekaresse van die Sol Plaatje Munisipaliteit het die gesogte Nasionale Bibliotekaris van die Jaar-toekenning gewen.
Hough, wat die waarnemende bestuurder by die Kimberley-biblioteek is, het hierdie toekenning van die Biblioteek- en Inligtingsvereniging van Suid-Afrika (Liasa) en Universal Knowledge Software ontvang op 6 Oktober 2022. Sy bestuur tans agt openbare biblioteke, insluitend die Africana Navorsingsbiblioteek.