Een Punt Besluit Dit! Jaguars vat die kroon in naelbyt-eindstryd
Ermelo, iNews Journalist
11 November
Netbal Toernooi: HPC Junior Social League
Aangebied deur HPC Ermelo
Die HPC Junior Social League het vanaand (11 November) tot ’n opwindende hoogtepunt gekom met ’n eindstryd wat beslis in die geheue gaan bly. Die liga het vanjaar 'n klomp spanne byeengebring, almal vol entoesiasme, talent en ’n passie vir netbalontwikkeling in ons gemeenskap.