Article Image

iNews Ermelo, Shobie Arnoldi 30 July

Hierdie plant is ongelooflik goed aangepas vir oorlewing. Eerstens is die plant se wortelstok 10cm onder die grond geleë. Om dit dus bogronds af te kap, gaan nie dié plant doodmaak nie. Tweedens word duisende sade gevorm tydens die groeiseisoen wat baie lig is en met die wind versprei kan word. Navorsing het getoon dat bykans 70% van die sade van ‘n betrokke jaar eers die volgende jaar ontkiem. Dit beteken dat indien hierdie plante uitgehaal of gespuit word, ‘n saadbed daar lê wat eers vogenende jaar begin ontkiem. ‘n Derde aanpassing, en seker die mees agressiewe een, is dié plant se vermoë om ‘n gifstof in die grond af te skei wat die ontkieming van ander nabygeleë plante se sade verhoed. Hierdie verskynsel staan bekend as allelopatie. Hierdie vermoëns maak Bankrotbos uiters kompeterend en vervang natuurlike weivelde teen 'n enorme tempo en skaal namate dit vermeerder en verdig. Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne en biodiversiteit word dus bedreig deur agteruitgang as gevolg van die verspreiding en indringing van bankrotbos. Hierdie sogenaamde pionierspesie word beskou as ‘n indikator van bosindringing. Van die 122 miljoen hektaar oppervlakte in Suid-Afrika word 71% veld meestal gebruik vir vee- en wildboerdery, waarvan na raming 10 miljoen hektaar vervuil is deur bankrotbos. Aangesien grasvelde ekonomiese voer vir veeboere is, stel bankrotbos volhoubare grasveldproduksie, diereproduksie, voedselsekerheid en biodiversiteit direk in gevaar. Akademici waarsku dat Bankrotbos die waarde van grond geleidelik laat afneem omdat die aantal beskikbare weiveld al kleiner word namate hierdie plant toeneem. Goeie beheer van Bankrotbos word verkry met die toediening van gif (vloeistof en korrel), die afsny daarvan en beweiding. Die eerste 2 metodes is duur, terwyl beweiding goeie tydsberekening en kuddebestuur verg. Met elke metode moet die tydsberekening en toepassings presies reg wees om die gewenste reaksie te verkry. _____________________ SHOBIE ARNOLDI is ‘n Grasveld ekoloog, en kan gekontak word by 082 801 4114 vir meer inligting oor weiveldbestuur.

To read the rest of the article, please open it with the iNews app. You can download the app here:

Privacy Policy | PAIA Manual

Copyright @ 2020 GenLeads