
Seuntjie per ongeluk raakgery
Ermelo, Conrad Bouwer
07 September
Sy ouers het onmiddellik mond-tot-mond-asemhaling toegepas waarna hulle hom na die Mediclinic toe gejaag het in Ermelo. Op pad na die hospitaal het Daniel bygekom. Daniel is by die Mediclinic gestabiliseer, maar is kort daarna oorgeplaas na die provinsiale hospitaal in Ermelo aangesien hulle nie oor ’n mediese fonds beskik nie.
Kort na Daniel se aankoms by die provinsiale hospitaal, is hy oorgeplaas na Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria. Daar het dokters na verskeie toetse vasgestel dat sy een long platgeval het en dat hy ’n fraktuur aan sy heup en ook ’n gebreekte sleutelbeen opgedoen het.
Volgens Danelle se laaste Facebookinskrywing is Daniel stabiel en gaan dit sover goed met hom. As gevolg van die skade aan sy een long, is Daniel op ’n ventilator gekoppel en is hy onder sedasie. Danelle sê ook dat die gebeurtenis baie traumaties is en dat die familie vir berading sal moet gaan. Sy het ook gevra dat mense vir hul moet bid dat Daniel voor sy tweede verjaarsdag (Sondag, 12 September) ontslaan sal wees.
Die gemeenskap van Ermelo het hande gevat en verskeie fondsinsamelingsprojekte is geloods om die Kerwells by te staan met hul mediese kostes.
Pas Prokureurs in Ermelo het ‘n trustrekening beskikbaar gestel vir enige donasies tot Daniel se mediese uitgawes. Pas Prokureurs onderneem om dié rekening kosteloos te administreer en verseker die publiek dat alle donasies ten volle aangewend sal word vir Daniel se behandeling.
Die bankbesonderhede vir diegene wat bydraes wil maak, is:
PIETER STOFFBERG INGELYF TRUSTREKENING
FNB ERMELO
TAKKODE: 270344
REKENING NR: 62092150326
VERWYSING: KER3/1
To read the rest of the article, please open it with the iNews app. You can download the app here: