
Isabella nou ’n engeltjie
Ermelo, Conrad Bouwer
20 September
Weens die swelling op Isabella se brein en suurstoftekort is sy kunsmatig aan die lewe gehou. Volgens die dokters was daar ook geen breinfunksie nie; daarom moes die familie die bitter moeilike besluit neem om die masjiene wat haar aan die lewe gehou het, Maandagmiddag af te skakel.
Soos vroeër berig deur iNews Ermelo het dié 15-maande oue dogtertjie Maandag 13 September aan kos verstik. Na verneem word het sy vir 20 minute nie asemgehaal of 'n hartklop gehad nie. Nadat dokters by die Ermelo staatshospitaal haar hart aan die gang kon kry en haar gestabiliseer het, is sy per lugambulans na Garden City hospitaal geneem waar dokters haar longe en lugweg in die teater skoongemaak het.
Isabella se liggaam is na die operasie verkoel om die swelling op haar brein te verlig. Dokters het die afgelope naweek begin om haar liggaam stelselmatig te verhit om te kyk of die drukking op haar brein afneem. Isabella het geringe verbetering getoon.
Ten spyte van alle pogings van medici het Isabella Maandagmiddag die stryd verloor. iNews Ermelo betoon hul innige meegvoel teenoor die Stark-familie.
To read the rest of the article, please open it with the iNews app. You can download the app here: