Article Image

iNews Ermelo, Conrad Bouwer 02 December

Refentse Morake het Ermeloërs Saterdag in Hoërskool Ermelo se ouditorium vermaak. Die NGK Moedergemeente het Refentse en sy orkes bespreek vir ’n glansaand waar die gaste met ‘n driegangmaaltyd en mooi Afrikaanse musiek getrakteer is. Die gaste het gesellig verkeer. Hulle het die musiek en die smaaklike ete baie geniet.

 

Dié 24-jarige kunstenaar het oornag ‘n Afrikaanse sensasie in 2015 geword toe ’n vrou ’n video van hom op Facebook geplaas het waar hy die bekende liedjies van Bok van Blerk se De La Rey en Koos Kombuis se Lisa se Klavier gesing het. Nadat die video soos ’n veldbrand op sosiale media vesprei het, het Refentse onder die radar van Sony Music gekom. Hy het in 2016 ‘n kontrak met dié platemaatskappy geteken. Refentse sê van toe af het sy musiekberoep soos ’n sneeubal gegroei.



To read the rest of the article, please open it with the iNews app. You can download the app here:

Privacy Policy | PAIA Manual

Copyright @ 2020 GenLeads