Spanning en Presisie by Ermelo se Mans Enkels Klubkampioenskappe

Written on February 18, 2026
Eugene Smith


Die Mans Enkels Klubkampioenskappe het die afgelope naweek (14–15 Februarie) by die klub plaasgevind, waar spelers hul staal gewys het in wedstryde van hoë gehalte.

Toeskouers is getrakteer op uitstekende rolbal, met al die wedstryde wat in ’n sportiewe en goeie gees verloop het. Die naweek se verrigtinge is op ’n gesellige noot afgesluit met ’n braai.



Foto: (L-R) Fritz Olmesdahl, Riaan Harris, Gerrie Oosthuizen

Ope afdeling:

1e plek: Riaan Harris

2e plek: Albert Swanepoel

3e plek: Pieter Swanepoel

4e plek: Krish Ramguthy



Foto: (L-R) Fritz Olmesdahl, Christoff Schneider, Gerrie Oosthuizen

Novice afdeling:

1e plek: Christoff Schneider

2e plek: Francois Brill

3e plek: Danie van Zyl

’n Besonderse hoogtepunt was dat Albert en Pieter Swanepoel, pa en seun, albei onder die top vier geëindig het.

Die Ermelo Rolbalklub wens al die spelers geluk met hul puik prestasies, en se baie dankie aan die Baanmeester, Fritz Olmesdahl en sy span vir die puik gemanikuurde bane.