Photo: Jennifer tocknell goalie keer bal suksesvol
Die afgelope week het Ligbron se hokkiespanne aan die provinsiale uitspele deelgeneem. Twee van hul span – die O/14-seuns en O/16-dogters – gaan deur na die Noordvaal-uitspele, wat in Augustus plaasvind.
Albei spanne het Saterdag in die finale uitspele teen Hoërskool Nelspruit te staan gekom. Die O/16-dogters was in ’n titaniese stryd gewikkel en het uiteindelik 1–2 verloor. Hulle eindig vierde in Mpumalanga.
Photo: Marli Rautenbach en Helena Myburgh
Die O/14-seuns se telling was 1–4, en hulle is die naaswenners in Mpumalanga.
Photo: O/14 Seunshokkiespan saam met Vusi Nkosi en hul afrigter Jakus Olivier


