Leaveld Jagters Vereniging hou eerste vergadering van die jaar

Written on 01/13/2026
Deo Botha


Die Leaveld Jagters Vereniging sal Donderdagaand om 18:30 hul eerste vergadering van die jaar hou, waar belangrike sake bespreek en die jaarprogram amptelik goedgekeur sal word.

 

Volgens die bestuur is die sakelys reeds aan lede beskikbaar gestel, en lede word aangemoedig om enige addisionele punte wat hulle graag wil bespreek, vooraf deur te gee.

 

Die vergadering sal aanlyn via WhatsApp plaasvind, wat dit vir lede maklik maak om van enige plek af deel te neem.

 

Die organisasie nooi ook belangstellendes wat graag meer wil uitvind oor die vereniging of wat daarin belangstel om aan te sluit, om kontak te maak.

 

Vir meer inligting of om betrokke te raak, kan die volgende persone gekontak word:

 

📞 Thys Swart: 082 775 1385

📞 Santie: 071 947 6380

 

Die Leaveld Jagters Vereniging sien uit na ’n produktiewe jaar en nooi alle lede en voornemende lede om deel te wees van die groei en aktiwiteite van die vereniging.