LIGBRON FOTOGRAWE PRESTEER BY ATKV

Written on 08/05/2026
Eugene Smith


Foto (L - R): Karlien Grobler, Bianca Breytenbach, Kyla Eksteen, JW Koekemoer, Jenevieve Kruger, Esté Kapp en Leahanna van der Merwe.

Ligbron se fotografieklub het aan die 2026 ATKV Digikunskompetisie deelgeneem. Die tema van die kompetisie was “Droomwêreld”. Die leerders het uitstekende uitslae behaal met hul individuele interpretasies van die tema. Kyla Eksteen se foto “A Ballerina’s Dream” is as die nasionale wenner in haar ouderdomsgroep aangewys. Bianca Breytenbach, Leahanna van der Merwe en Karlien Grobler het al drie A++ vir hul foto’s behaal. Jenevieve Kruger, Esté Kapp en JW Koekemoer het elk ‘n A+ ontvang.