Twee Erries-spanne dring deur na Noordvaal-finaal

Written on 08/13/2026
Eugene Smith


Foto: EHS se o/14A-rugbyspan.

Hoërskool Ermelo (EHS) se o/14A- en o/15A-rugbyspanne het hul plekke in die finaal van die Noordvaal Viseker Bowl-afdeling bespreek nadat albei spanne die afgelope naweek hul halfeindstryde gewen het.

Die o/14A-span het Bergsig met 24-0 geklop, terwyl die o/15A-span ’n 14-8-oorwinning oor Potchefstroom Gimnasium behaal het.

Albei spanne speel op Saterdag, 15 Augustus, by Hoërskool Centurion in hul onderskeie eindstryde. Die o/14A-span pak Midstream om 08:45, waarna die o/15A-span om 09:55 teen Dinamika te staan kom.

 



Foto: Okuhle Pakhati o/15 duik oor die doellyn