Ligbron se eerste gholfspan: Anthony Reid, Ian Blignaut, afrigter Ruben Silvo, Lohan Swart en Arno van der Bank.
Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerste gholfspan het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Hoërskole Gholfkampioenskappe by die Umhlali Country Club in Ballito, KwaZulu-Natal, deelgeneem.
Die Liggies het teen 23 van Suid-Afrika se sterkste skoolspanne meegeding en die toernooi in die 20ste plek afgesluit. Ligbron was die enigste span uit die Hoëveld wat Mpumalanga by die kampioenskappe verteenwoordig het.
Die span het bestaan uit Anthony Reid, Ian Blignaut, Lohan Swart en Arno van der Bank, onder leiding van hul afrigter, Ruben Silvo.

