Maak gereed vir ’n dag vol aksie, kameraadskap en kompetisie! Inskrywings begin om 08:00, met die briefing om 08:45. Pryse word ná afloop van die skiet oorhandig.
Inskrywingsgelde
R150 Hooflid
R150 Gaste
R80 Gade
R80 Kind bo 16
Kinders onder 16 gratis
Gratis worsbroodjie na afloop van die skiet.
Dissiplines
Blouwildebees (9 telskote)
Killhouse – Pistool (15 rondtes) & Haelgeweer (6 rondtes)
.22 Randslag Posliga
MDS (SAJW) – indien genoeg baanoffisiere beskikbaar is.
Verversings te koop
Ontbyt broodjie R35
Koeldrank R15
Skietreëls
Oog- en oorbeskerming is verpligtend.
Geen alkohol mag gebruik word alvorens die baan nie gesluit verklaar is nie.
Moenie dit misloop nie – sien jou op 14 Februarie.

