Kom geniet 'n dag vol lekker kos, lekker pret en lekker mense by die NHK Ermelo Basaar op Vrydag, 31 Julie, vanaf 08:00 tot laat, op die hoek van De Jager- en McDonaldstraat (agter die SPUR).
Daar is iets vir die hele gesin! Smul aan bosveldburgers, pannekoek, sosaties, worsbroodjies, beeskerrie en rys, poeding, sop en vele ander heerlikhede. Geniet ook vars rouvleisverkope, 'n springkasteel, rotklim, kinderaktiwiteite, geskenke, boeke, koffie en nog baie meer.
🎤 Moenie die spesiale optrede van Thunder Merwes om 14:30 misloop nie!
📝 Wil jy vooraf bestel? Vul die bestelvorm in en stuur dit aan Elsie via WhatsApp by 082 583 9598 of e-pos na ermelo@nhk.co.za. Voorafbestellings sluit Maandag, 27 Julie.
Bring die familie saam en ondersteun 'n wonderlike gemeenskapsgeleentheid. Ons dorp. Ons mense. Ons basaar! ❤️


