Die krag van kankerdekking vir mans om jou gesondheid en beursie te beskerm

Written on June 27, 2025
Eugene Smith


Wanneer dit by kanker kom, kan vroeë opsporing lewens red, terwyl die regte risikodekking jou finansiële toekoms kan red.

Prostaat- en testikulêre kanker is onder die algemeenste kankers wat mans vandag raak. Testikulêre kanker tas dikwels jonger mans aan, terwyl prostaatkanker die kanker is wat tweede meeste wêreldwyd gediagnoseer word. Albei kan jou lewe fisies en emosioneel verander, wat nog te sê van finansieel.

Die regte gevreesdesiekte-dekking kan die finansiële las verlig terwyl jy behandel word deur jou toe te laat om op herstel te fokus, en nie net op die rekeninge nie. Van spesialiskonsultasies tot langtermynsorg is onder die koste wat vinnig kan toeneem. Dit is waarom ’n omvattende polis wat in plek is, kan verseker dat jy beskerm is wanneer dit die meeste saakmaak.

Ken die waarskuwingstekens:

In die vroeë stadiums toon prostaatkanker gewoonlik nie simptome nie. Die simptome hieronder kom egter wel op ’n later stadium voor. Hierdie waarskuwingstekens sluit in: 

  • Pyn of ’n brandgevoel wanneer jy urineer of ejakuleer
  • Gereelde urinering gedurende die nag
  • Erektiele disfunksie
  • Bloed in die urine of semen

Testikulêre kanker kom die meeste by mans in hulle laat 20’s en vroeë 30’s voor en het ’n gemiddelde diagnose-ouderdom van 33. Tekens om van bewus te wees, sluit in:

  • ’n Pynlose knop of swelsel in die testikels
  • ’n Swaar gevoel in die skrotum
  • ’n Dowwe pyn in die lies of lae rug

Die volgende risikofaktore moet ook in ag geneem word, naamlik ouderdom, familiegeskiedenis en toestande soos onafgesakte testikels. Gereelde roetineondersoeke en selfondersoeke is belangrik vir vroeë opsporing.

Moenie wag totdat simptome jou lewe beheer nie. Kry inligting, laat jouself ondersoek, en kom in aanraking met jou Sanlam finansiële adviseur om seker te maak dat jy voldoende dekking het sodat jy met selfvertroue kan leef.

Sanlam Lewensversekering Beperk is ʼn gelisensieerde lewensversekeraar, ʼn gemagtigde verskaffer van finansiële dienste en ʼn geregistreerde kredietverskaffer (NCRCP43).