'n Gesin in Ermelo soek 'n betroubare en verantwoordelike Au Pair om te help met 'n Graad 1-seun en Graad 3-dogter. Die pos begin op 6 Oktober 2026. Werksure is Maandag tot Donderdag van 12:30–17:00 en Vrydag van 12:30–15:00. Vergoeding is R4 000 per maand, plus 40 liter brandstof per maand vir die vervoer van die kinders.
Vereistes:
- Afrikaanssprekend
- Betroubaar en verantwoordelik
- Nie-roker
- Eie, betroubare vervoer
- Geldige bestuurslisensie
- Verwysings sal vereis word
- Onderwysstudente sal voorkeur kry
- Haal die kinders by die skool op
- Sorg dat die kinders in die middag iets eet. Kos vir die kinders sal voorsien word.
- Verskaf hulp en ondersteuning met huiswerk
- Help die kinders om voor te berei vir hul buitemuurse aktiwiteite
- Vervoer die kinders na hul buitemuurse aktiwiteite
- Nie-residensiële posisie
- Die Au Pair werk slegs gedurende die aangeduide werksure
- Verblyf en maaltye vir die Au Pair word nie voorsien nie
- Die werksdag eindig om 17:00 (15:00 op Vrydae), waarna die Au Pair huis toe gaan
Doen aansoek:
- Stuur jou CV na: admin@villiersschrikboerdery.com

