Pa & Seun Braai by Huis Veltman

Written on 08/13/2025
Gideon Muteb


Vaders en seuns, maak reg vir ’n lekker kuier! Huis Veltman hou hul Pa & Seun Braai op Vrydag, 15 Augustus 2025 by die Lapa – van 18:00 tot 22:00.

Vir R100 per persoon kry gaste ’n vleispakkie en bykosse. Belangstellendes word versoek om teen 13 Augustus te RSVP by 079 407 4169 om hul plek te bespreek.

Dis die perfekte kans om saam te lag, stories te deel en ’n lekker aand om die vuur te geniet.