LIGGIE FOTOGRAWE ONDER BESTES IN SUID-AFRIKA

Written on August 6, 2026
Eugene Smith


Twee Ligbron fotograwe was bevoorreg om uitgenooi te word na die PSSA (Photographic Society of South Africa) se nasionale prysuitdeling vir jeugfotograwe. Die funksie is in die Pioniersentrum by die Voortrekkermonument aangebied.



Kyla Eksteen is nommer drie van die land se top tien jeugfotograwe. Fotografie loop sterk deur haar are met ‘n familie vol wenfotograwe. Kyla se sterk punt is makro-fotografie. Haar foto’s van insekte het oor die afgelope twee jaar verskeie pryse in nasionale en internationale kompetisies gewen.



Bianca Breytenbach, wat al vir vier jaar lid van die fotoklub is het ‘n sewende plek behaal. Bianca is ‘n veelsydige fotograaf. Haar sport en natuurfoto’s het verseker dat sy, soos Kyla, ook haar stempel op nasionale en internationale vlak afgedruk het. Eksteen, Breytenbach en JW Koekemoer se foto’s is ook gekies vir ‘n uitstalling van Suid-Afrika se 33 top jeugfotograwe. Die uitstalling kan tot die einde van die jaar in die Pioniersentrum besigtig word.



Ermelo Fotoklub se jeug is tydens dieselfde prysuitdeling as die nommer een jeugklub in Suid-Afrika aangewys en het internationaal tweede geeïndig. Die jeugklub bestaan hoofsaaklik uit leerders van Ligbron se fotoklub. Ligbron bedank Ermelo Fotoklub wat hierdie leerders onder hul vlerk geneem het. Met hul aanmoediging en leiding is hierdie leerders besig om te ontluik in fotograwe van internationale standaard.